Isaiah 17:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die nasies sal bruis soos die gedruis van baie waters, maar God sal hulle bestraf, en hulle sal ver wegvlug en gejaag word soos die kaf van die berge voor die wind en soos 'n golwende ding voor die storm.
Afrikaans (NLV) 2011 Al raas hulle soos branders wat op die strand breek, God sal hulle stilmaak. Hulle sal wegvlug soos kaf wegwaai in die bergwind of soos ’n tolbos in ’n storm dwarrel.
Afrikaans 1933/1953 Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.
Afrikaans 1983 die opstandige volke wat te kere gaan soos die groot waters. Wanneer die Here hulle aanspreek, sal hulle ver weg vlug, weggedryf oor die berge soos kaf voor die wind, soos tolbosse voor 'n stormwind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, nasies – soos die gedruis van magtige water, druis hulle. Maar Hy berispe hulle, en hulle vlug ver weg. Hulle word voortgedryf op die bulte soos kaf voor die wind, soos tolbosse voor 'n stormwind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle raas soos die groot branders, maar wanneer die Here kwaai met hulle praat, dan vlug hulle ver weg. Hulle word soos kaf of soos 'n bol gras wat wegwaai in die sterk wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ten spyte van al die geraas laat die Here hulle in hulle spore omdraai en kan hulle nie vinnig genoeg weghardloop nie. Voor die Here se mag is hulle soos strooi wat deur die wind weggewaai word of stof wat deur ’n warrelwind opgewaai word.