Isaiah 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee die menigte van baie mense wat 'n gedruis maak soos die gedruis van die see; en vir die gedruis van nasies wat gedruis maak soos die gedruis van geweldige waters!
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk! Die soldate van baie nasies storm nader soos golwe wat teen die kus breek.
Afrikaans 1933/1953 Wee die gebruis van baie volke -- soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies -- soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!
Afrikaans 1983 Ellende wag vir die baie nasies wat net so onstuimig as die see is, die opstandige volke wat te kere gaan soos magtige waters,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee! Die gedreun van baie volke – soos die dreuning van die oseane dreun hulle. Die gedruis van nasies – soos die gedruis van magtige water druis hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met die baie volke wat nou baie raas. Hulle raas soos die see, hulle raas hard soos baie water.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister, hoor die dreuning! Magtige nasies is aan die optrek, hulle opmars klink soos die gedruis van die see en die geluid van groot branders wat op die strand breek.