Isaiah 17:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die dag sal jy jou plant laat groei, en in die môre sal jy jou saad laat bloei; maar die oes sal 'n hoop wees op die dag van droefheid en van wanhopige droefheid.
Afrikaans (NLV) 2011 al sou jy die dag dadelik dit wat jy dit geplant het, kan laat groei, en dit laat bot die oggend dat jy dit plant, sal jou opbrengs niks werd wees. Jou enigste oes sal siekte en ongeneeslike smart wees!
Afrikaans 1933/1953 die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees 'n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.
Afrikaans 1983 al kan jy hulle laat groei dieselfde dag as jy hulle plant, hulle laat uitspruit die môre as jy hulle in die grond sit, van die oes sal niks kom wanneer siekte en smart jou tref nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dag wanneer julle plant, laat julle al groei; die oggend wanneer julle saai, laat julle al uitspruit. Die oes sal egter verdwyn in 'n tyd van siekte en ongeneeslike pyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die plante groot word en blomme kry dieselfde dag wanneer julle hulle plant, dan sal dit ook niks help nie. Wanneer julle siek en swak word, dan sal die plante julle nie gesond maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al sou die onmoontlike gebeur en hierdie plante dadelik begin groei en blom en die lote vrugte dra, sal julle dit nie oes nie. Die enigste oes wat op julle wag, is siekte en onhoudbare pyn.