Isaiah 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jy die God van jou heil vergeet het en nie aan die rots van jou sterkte gedink het nie, daarom moet jy lieflike plante plant en dit op vreemde strokies sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het jou rug gedraai op die God wat jou kan red. Jy het die Rots vergeet by wie jy kon skuil. Daarom, al kry jy die beste gewasse en plant jy ingevoerde wingerdstokke, |
| Afrikaans 1933/1953 | Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke; |
| Afrikaans 1983 | Jy, Israel, het die God wat jou altyd gehelp het, verlaat; jy het gemaak of die Rots wat jou toevlug was, nie meer daar is nie. Lê maar pragtige tuine aan vir jou afgode, plant maar allerlei uitheemse struike; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat jy die God wat jou verlos, vergeet het, die Rots wat jou toevlugsoord is, nie onthou het nie. Daarom lê julle pragtige tuine aan, plant julle die steggies van 'n vreemde god. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Israeliete, julle het weggegaan van die God wat julle gered het, julle het die Rots vergeet by wie julle veilig was. Julle maak mooi tuine en julle plant daar vreemde plante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle vra hoekom? Omdat jy, Israel, die rug gedraai het vir die Here wat jou nog altyd gehelp het. Julle het vergeet dat die Here altyd die rots was waar julle veilig kon wegkruip vir julle vyande. So, plant maar lote en lê die mooiste tuine aan vir julle afgode vir wie julle so lief is. |