Isaiah 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek ween met die geween van Jaser, die wingerdstok van Sibma: Ek sal jou natmaak met my trane, o Hesbon en Eleale, want die geskreeu oor jou somervrugte en oor jou oes het geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou het die vyand die wingerd vernietig. Daarom huil Ek vir Jaser en die wingerde van Sibma. My trane loop oor Gesbon en Elale, want julle vrugte-oes en graanoes is vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Ja,ser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Ele le, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,
Afrikaans 1983 Ek huil saam met Jaser oor die wingerde van Sibma, my trane vloei oor julle, Gesbon en Elale, want julle het nie meer 'n vrugteoes en 'n graanoes nie, daar is nie meer oesvreugde nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom treur ek, soos Jaser treur, oor die wingerde van Sibma. Ek sal jou met my trane deurweek, Hesbon, en ook Elale; want oor jou somervrugte en jou graanoes het die vreugdekrete stil geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom huil ek nou saam met die mense van Jaser oor die wingerd van die stad Sibma, ek huil baie trane saam met die mense van Gesbon en Elale, want daar is nie vrugte en koring waaroor hulle kan sing nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek huil saam met Jaser se mense oor die wingerde van Sibma. Die trane loop oor my wange as Ek aan Gesbon en Elale dink, want daar is nie sprake van ’n oes waaroor die mense bly kan wees nie.