Isaiah 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die velde van Hesbon kwyn en die wingerdstok van Sibma; die heersers van die nasies het sy vernaamste plante afgebreek, hulle het gekom tot by Jaser, hulle het deur die woestyn gedwaal; sy takke is uitgestrek, hulle het oor die see.
Afrikaans (NLV) 2011 Huil oor die verlate plase van Gesbon en die wingerde van Sibma. Die wyn van hierdie wingerde het konings van nasies dronk laat word. Moab was soos ’n wingerd wat gestrek het tot by Jaser en gerank het tot in die woestyn. Die ranke het tot by die Dooie See gekom.
Afrikaans 1933/1953 Want die wingerde van Hesbon het verwelk; die wingerdstok van Sibma -- sy edele druiwe het die beheersers van die nasies neergewerp; dit het gekom tot by Ja,ser, dit het in die woestyn ingedwaal; sy ranke het uitgesprei, het oor die see gegaan.
Afrikaans 1983 want die wingerde op die terrasse van Gesbon en die wingerde van Sibma verwelk. Hulle wyn het heersers van nasies dronk gemaak, dié wingerde wat gestrek het tot by Jaser, gerank het tot in die woestyn. Hulle ranke het welig gegroei en tot by die see gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die terrasse van Gesbon het verdroog, ook die wingerde van Sibma. Die grondeienaars van die nasies het die stad se edeldruiwe platgetrap. Dit het voorheen selfs tot by Jaser gestrek, die woestyn in gerank. Die stad se ranke was welig, dit het die see oorgesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die wingerde by die stede Gesbon en Sibma het verdroog. Mense wat regeer oor volke, het dronk geword van die rooi wyn. Die wingerde se ranke het gegroei tot by die stad Jaser, tot in die woestyn. Die ranke het verder en verder gegroei tot verby die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die plase in die omgewing van Gesbon is verwoes en die wingerde by Sibma is verdroog. Hierdie wingerde se wyn het baie konings en heersers dronk gemaak. Hulle ranke het welig en ver gegroei, van Jaser in die noorde deur die woestyn tot by die Dooie See in die suide.