Isaiah 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het gehoor van die trots van Moab; hy is baie trots, ja, oor sy hoogmoed en sy trots en sy toorn, maar sy leuens sal nie so wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is dit Moab, daardie trotse land waarvan ons so baie gehoor het? Sy hoogmoedige gespog en arrogansie is alles weg! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons het gehoor van die trotsheid van Moab -- hy is baie trots! -- van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery. |
| Afrikaans 1983 | Ons het gehoor van die hoogmoed van Moab, van sy trots, sy vermetelheid, sy hoogmoed, sy hovaardigheid, maar sy grootpratery het tot niks gelei nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het gehoor van die trots van Moab, van die groot vermetelheid. Sy hoogmoed, sy trots en woedebuie, sy gespog, is blote skyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het gehoor dat die Moabiete hoogmoedig en trots is. Hulle dink hulle is wonderlik, maar hulle het niks om oor te spog nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het gehoor van Moab se hoogmoedigheid. Ongelukkig was al hierdie hovaardigheid en grootpratery niks anders as leë woorde nie. |