Isaiah 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En deur barmhartigheid sal die troon bevestig word, en hy sal in waarheid daarop sit in die tent van Dawid, terwyl hy oordeel en reg soek en geregtigheid haastig.
Afrikaans (NLV) 2011 sal Dawid se troon deur liefde gevestig word. Van daardie troon af sal ’n getroue koning regeer en hy sal doen wat regverdig en reg is.
Afrikaans 1933/1953 En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
Afrikaans 1983 sal die Here in sy trou 'n troon oprig, en daarop sal 'n heerser sit uit die nageslag van Dawid. Hy sal betroubaar wees: hy sal hom beywer vir wat reg is, hy sal reg laat geskied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal, deur troue liefde, 'n troon gevestig word. Daarop sal iemand in getrouheid in die tent van Dawid sit – iemand wat regspreek, wat streef na wat reg is, en ervare is in geregtigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat lief is vir julle, sal dan iemand koning maak van die nageslag van koning Dawid. Dit sal iemand wees wat koning mag wees, iemand wat regverdig regeer en wat weet hoe om reg te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sal die Here, omdat Hy getrou bly aan sy beloftes, ’n goeie regeerder in Jerusalem aan bewind laat kom. Hierdie koning uit Dawid se nageslag sal betroubaar wees en hy sal hom beywer vir wat reg is.