Isaiah 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat my verworpenes by jou woon, Moab! wees vir hulle 'n skuilplek van die aangesig van die verwoester; want die rowers is op 'n einde, die verwoester hou op, die verdrukkers is uit die land verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat Moab se vlugtelinge tussen julle bly. Beskerm ons tot die vernietiger verbygegaan het.” Wanneer verdrukking en verwoesting verbygegaan het en die vyand verdwyn het, |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle 'n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land! |
| Afrikaans 1983 | Neem Moab se vlugtelinge in beskerming, wees vir ons 'n skuilplek teen dié wat vir ons wil vernietig!” Wanneer die nood verby is, die verwoesting tot 'n einde kom en dié wat die land vertrap, weg is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die vlugtelinge van Moab by jou vertoef. Wees vir hulle 'n skuilplek teen die verwoester. Wanneer die verdrukker nie meer daar is nie, die verwoesting afgeloop het, die vernielers uit die land verdwyn het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het gevlug uit Moab, julle moet hulle by julle laat woon, julle moet hulle by julle laat wegkruip om hulle te beskerm teen die mense wat hulle wil doodmaak.” Mense van Juda, die mense wat vir julle verdruk het, sal verdwyn. Hulle sal nie aanhou om julle te laat swaarkry en om julle land te vertrap nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat die vlugtelinge uit Moab tog by julle bly totdat die gevaar verby is. Beskerm ons teen ons vyande wat ons wil vernietig.” As die krisis verby is en die verwoesting ophou en die invalsmagte uit die land uit is, |