Isaiah 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hou raad, voltrek oordeel; maak jou skaduwee soos die nag in die middel van die middag; verberg die uitgeworpenes; Verraai hom nie wat ronddwaal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Help ons,” roep hulle. “Beskerm ons teen ons vyande. Beskerm ons vlugtelinge teen hulle aanvalle. Moet ons nie verraai nie.
Afrikaans 1933/1953 Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!
Afrikaans 1983 Hulle sê vir Juda: “Gee vir ons raad, maak 'n plan, laat u skaduwee oor ons val, maak dit donker oor ons op hierdie snikhete dag, beskerm dié wat verjaag is, moenie die vlugtelinge uitlewer nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom met 'n plan, Sion, neem 'n besluit! Maak jou skaduwee soos die nag in die middel van die dag. Steek dié wat verdryf is, weg! Dié wat vlug, moet jy nie verraai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal vir die mense van Juda vra: “Sê vir ons wat ons moet doen, maak 'n plan, beskerm ons. Julle moet vir ons wees soos 'n donker skaduwee wanneer dit warm is. Julle moet die mense wegsteek wat na julle toe vlug, julle moenie sê waar hulle is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle pleit by die inwoners van Juda: “Gee vir ons raad! Doen tog iets om ons te help. Beskerm ons en gee vir ons skuilplek waar ons nie gesien kan word nie, want ons vyande is warm op ons spoor. Ons is vlugtelinge, moet ons nie aan ons vyande uitlewer nie.