Isaiah 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos 'n swerwende voël wat uit die nes gewerp word, so sal die dogters van Moab wees by die driwwe van Arnon.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos fladderende voëltjies wat uit die nes geskop is, so is die vroue van Moab by die Arnondriwwe.
Afrikaans 1933/1953 En soos voëls wat vlug, 'n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van die Arnon.
Afrikaans 1983 want soos voëltjies wat rondfladder nadat hulle uit die nes geskop is, so drom die mense van Moab by die Arnon se driwwe saam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos voëls wat vlug, 'n broeisel wat verjaag is, is die vroue van Moab by die driwwe van die Arnon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue van Moab sal by die driwwe deur die Arnon-rivier kom soos voëltjies wat probeer vlieg wanneer die groot voëls hulle uit die nes geskop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle fladder heen en weer by die driwwe van Arnon rond soos ’n klomp verskrikte voëls wat uit hulle neste verdryf is.