Isaiah 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou het die HERE gespreek en gesê: Binne drie jaar, soos die jare van 'n huurling, sal die heerlikheid van Moab verag word, saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal baie klein en swak wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou voeg die Here by: “Binne drie jaar, wat so ondraaglik sal wees soos vir ’n dagloner wat hom afsloof, sal van Moab se glorie en baie mense min oorbly. Hulle wat oorbly, sal min en swak wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou spreek die HERE en sê: Binne drie jaar -- soos die jare van 'n dagloner -- sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees. |
| Afrikaans 1983 | En nou sê die Here: Binne drie jaar, drie jaar wat so ondraaglik sal wees as wat dit vir 'n dagloner is, sal van Moab se mag en van al sy baie mense min oor wees. Wat oor is, sal min en niks werd wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou sê die Here: “Binne drie jaar, bereken soos die jare van 'n huurarbeider, sal die luister van Moab iets minderwaardigs wees, ten spyte van sy groot menigte. Die oorblyfsel wat min, klein, sal wees, sal nie krag hê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou sê die Here: “Hulle het drie jaar lank swaargekry soos 'n dagloner, nou sal niemand meer dink dat die Moabiete belangrik is nie. Min van hulle mense sal nog lewe en hulle sal niks beteken nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou sê Hy dit weer: Oor drie jaar, en hierdie drie jaar sal net so noukeurig afgetel word soos ’n gehuurde werker die oorblywende dae van sy kontrak aftel, sal Moab se mag en hoogmoed beëindig word. Van sy geweldige bevolking sal net ’n hand vol oorbly en hulle sal in elk geval tot niks in staat wees nie. |