Isaiah 16:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as dit gesien word dat Moab op die hoogte moeg is, sal hy na sy heiligdom kom om te bid; maar hy sal nie oorwin nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Moab sal op die heuwels hulle gode angstig aanroep. Maar dit sal nie help nie. Hulle sal roep na die gode in hulle heiligdomme, maar niemand red hulle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Moab na hulle hoogtes toe gaan en hulle daar afsloof om offers te bring, wanneer hulle na hulle heiligdomme toe gaan om te bid, is dit tevergeefs. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer Moab weer sy verskyning maak, hom afsloof op die offerhoogtes, wanneer hy by sy heiligdom aankom om te bid, sal hy niks uitrig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Moabiete gaan na die offer-plekke en tempels om te bid en om baie offers te bring, maar dit sal nie help nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten spyte van al die moeite wat die mense van Moab doen om vir hulle gode by hulle offerplekke op die heuwels te gaan offer en hulle om hulp en raad te smeek, help dit hulle niks. |