Isaiah 16:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En blydskap word weggeneem en vreugde uit die ryk veld; en in die wingerde sal daar geen gesang wees nie en geen gejubel nie; Ek het gemaak dat hul oesjaar geskree moet ophou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weg is die vreugde. Verby is die gejuig oor die oes. Die vrolike sang en geroep in die wingerde word nie meer gehoor nie. In die parskuipe trap niemand wyn uit nie. Want Ek het ’n einde gebring aan al hulle oesvreugde. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou. |
| Afrikaans 1983 | vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde; in die wingerde word daar nie meer gesing en gejubel nie, in die parskuipe word daar nie meer wyn uitgetrap nie, want Ek maak 'n einde aan die oesvreugde, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vreugde en gejuig is weggeneem uit die vrugteboorde; in die wingerde word daar nie gejubel nie, word vreugderoepe nie aangehef nie. Wat wyn in die parskuipe betref – die druiwetrappers trap niks uit nie. “Aan vreugdekrete het Ek 'n einde gemaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is niks vrugte aan die vrugtebome waaroor hulle bly kan wees nie, daar is niks in die wingerd waaroor die mense kan sing nie. Niemand trap druiwe in die parskuipe nie. Die Here sê: “Die mense sal nie meer bly wees oor die vrugte wat hulle gepluk het en oor die koring wat hulle afgesny het nie. Ek het dit gestop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vrolike stemme in die vrugteboorde is stil, niemand sing meer in die wingerde nie. Niemand trap meer wyn in die parskuipe nie, want die Here het ’n einde gemaak aan al die oesvreugde. Daar is niks om te oes nie. |