Isaiah 15:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die waters van Dimon sal vol bloed wees, want Ek sal meer oor Dimon bring, leeus oor die wat uit Moab ontsnap het, en oor die oorblyfsel van die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stroom by Dibon is rooi van die bloed, maar Ek is nog nie klaar met Dibon nie. Daar sal die leeus oorlewendes vang, dié wat probeer weghardloop en dié wat agterbly.
Afrikaans 1933/1953 Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor die van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.
Afrikaans 1983 Die water van Dibon is vol bloed, maar Ek sal erger rampe oor hom bring, sê die Here. Ek laat dié wat uit Moab ontkom het en dié wat oor is in die land, deur leeus verskeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die waters by Dimon is vol bloed. Tog gaan Ek Dimon verder belas – daar wag leeus vir wie vrykom van Moab, vir wie oorbly in die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die water van Dibon is vol bloed, maar Ek, die Here, sal dit nog slegter laat gaan met die mense van Dibon. Ek sal leeus stuur om die Moabiete aan te val, die Moabiete wat nog lewe en wat oorgebly het in die land.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) By Dibon is die rivier se water al rooi van die bloed, maar Ek gaan nog erger rampe oor die stad bring, sê die Here. Ek gaan leeus onder die oorlewendes uit Moab instuur. Daar sal niemand in die land oorbly nie.