Isaiah 15:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die geskreeu het gegaan rondom die grense van Moab; sy gehuil tot by Eglaim, en sy gehuil tot by Berelim.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele land Moab huil van een kant tot die ander kant, van Eglajim tot by Beër-Elim.
Afrikaans 1933/1953 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.
Afrikaans 1983 Hulle geroep weerklink deur die hele gebied van Moab, hulle gehuil word gehoor tot by Eglajim en Beër-Elim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die hulpgeroep weergalm oor die grondgebied van Moab; hulle weeklag dring deur tot by Eglajim, hulle weeklag bereik Beër-Elim,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in Moab roep en vra dat iemand hulle moet help, ook die mense in die stede Eglajim en Beër-Elim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle gehuil kan deur die hele Moab gehoor word, van Eglaim in die suide tot by Beër-Elim in die noorde.