Isaiah 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die waters van Nimrim sal 'n wildernis wees, want die hooi is verdroog, die gras breek af, daar is geen groen ding nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs die water van Nimrim het opgedroog! Die gras het verdroog en die plante het verdwyn. Niks groens het oorgebly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | want die waters van Nimrim word 'n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie. |
| Afrikaans 1983 | Die water van Nimrim het opgedroog, die gras het verdor, die plante het verdwyn, daar is geen groenigheid meer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die waters by Nimrim word 'n afgryslike plek, want die gras verdor, die plantegroei is tot niet – daar is geen groenigheid meer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is nie meer water by die stad Nimrim nie, die gras het droog geword, daar is nie meer plante nie, niks is groen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stroom van Nimrim wat altyd oorloop van die water, is nou so droog soos ’n woestyn. Al die gras en plante het verdroog, daar is nie meer sprake van weiding nie. |