Isaiah 15:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My hart sal roep oor Moab; sy vlugtelinge sal na Soar vlug, 'n vers van drie jaar oud; want op die weg van Horonaim sal hulle 'n geroep van vernietiging verwek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek huil oor Moab. Sy mense vlug na Soar en Eglat-Selisija. Al huilende klim hulle die skuinste na Lugit toe uit. ’n Mens kan hulle hoor huil al die pad na Goronajim toe.
Afrikaans 1933/1953 My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horon im laat hulle 'n geskreeu van verwoesting weerklink;
Afrikaans 1983 My hart brand oor Moab. Sy mense het gevlug tot by Soar, tot by Eglat-Selisija. Hulle klim die opdraand na Lugit toe huil-huil uit, op pad na Goronajim toe skreeu hulle oor die ramp wat hulle getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My hart roep dit uit oor Moab. Sy vlugtelinge is al by Soar, by Eglat-Selisija. Ja, die opdraande na Lugit – terwyl hulle huil, gaan hulle daarteen op; ja, op pad na Goronajim laat hulle noodroepe opklink oor die verwoesting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is baie jammer vir die Moabiete, want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija, hulle huil en gaan na die stad Lugit, hulle skree op die pad na die stad Goronajim omdat hulle land verwoes is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is verskriklik ontsteld oor Moab. Sy mense is op vlug na Soar en Eglat-Selisija. Hulle loop huil-huil teen die bergpas uit op pad na Lugit toe. Dié wat op pad is Goronajim toe, loop hardop en huil oor die ramp wat hulle getref het.