Isaiah 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hesbon sal roep, en Eleale; hulle stem sal gehoor word tot by Jahas; daarom sal die gewapende soldate van Moab uitroep; sy lewe sal hom swaarkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geroep uit die stede van Gesbon en Elale sal van ver af gehoor kan word, selfs tot in Jahas. Die dapperste soldate van Moab skreeu van angs. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hesbon en Ele le skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab 'n angsgeskreeu aan, sy siel sidder. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Gesbon en Elale skreeu van angs, dit word tot by Jahas gehoor. Selfs Moab se soldate skreeu, hulle moed begeef hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gesbon en Elale roep om hulp; tot by Jahas word hulle stemme gehoor. Daarom skreeu die gewapende manne van Moab; Moab se moed begewe hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die stede Gesbon en Elale roep en vra dat iemand hulle moet help, die mense van die stad Jahas hoor dit. Daarom bewe die soldate van Moab, hulle word moedeloos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hartseer krete van Gesbon en Elale kan tot in Jahas gehoor word. Selfs Moab se soldate sal bang word en skreeu van vrees, want hulle moed het hulle begeef. |