Isaiah 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op hulle strate moet hulle hulle met rouklere omgord: op die toppe van hulle huise en op hulle strate sal hulle almal huil en huil.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal rouklere dra wanneer hulle op straat kom. Want in elke huis en op elke plein sal mense bitterlik huil van verdriet.
Afrikaans 1933/1953 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.
Afrikaans 1983 hulle dra rouklere op die strate, hulle huil op die dakke en die pleine, hulle vergaan van verdriet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In hulle strate het hulle rouklere aan; op hulle dakke en hulle dorpspleine weeklaag almal, terwyl hulle huilend neersak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hulle trek rouklere aan op die strate, hulle sit almal en huil op die dakke en op die oop plekke, hulle is baie hartseer, hulle wil sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle loop in die strate rond met hulle growwe rouklere. Hulle sit op die plat dakke van hulle huise en huil kliphard, hulle loop op die pleine van hulle stede rond en treur.