Isaiah 15:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het opgegaan na Bajit en na Dibon, die hoogtes, om te ween; Moab sal huil oor Nebo en oor Medeba; op al hulle koppe sal kaalheid wees en elke baard afgesny. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou mense in Dibon sal by hulle tempels en heiligdomme huil. Hulle sal huil oor die lot van Nebo en Medeba. Hulle sal hulle koppe kaalskeer uit verdriet, en hulle baarde afskeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Med,ba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer. |
| Afrikaans 1983 | Die inwoners van Dibon gaan na die hoogtes toe om te huil, die Moabiete treur oor Nebo en Medeba. Die Moabiete se koppe is kaalgeskeer, hulle baard is afgesny, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle gaan op na die tempel; Dibon gaan na die offerhoogtes om te huil. Moab weeklaag oor Nebo en Medeba; op al hulle koppe is kaal plekke, elke baard is afgeskeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die stad Dibon gaan na die tempels, hulle gaan na die offer-plekke om te huil. Die Moabiete huil oor die stede Nebo en Medeba. Hulle het hulle hare en hulle baard afgeskeer, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die inwoners van Dibon gaan na hulle heiligdomme toe om oor die lot van Nebo en Medeba te treur, hulle huil oor Moab. Almal het hulle hare en baarde afgeskeer as ’n teken van rou. |