Isaiah 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van Moab. Want in die nag word Ar van Moab verwoes en tot swye gebring; want in die nag word Kir van Moab verwoes en tot swye gebring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry: In een nag sal Moab se stede, Ar en Kir, verwoes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig! |
| Afrikaans 1983 | 'n Uitspraak van die Here teen Moab: Ar-Moab is oornag verwoes, vernietig. Kir-Moab is oornag verwoes, vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Profesie oor Moab. Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig. Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê: “Die vyande het die stad Ar-Moab in een nag verwoes en afgebreek, hulle het ook die stad Kir-Moab in een nag verwoes en afgebreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is ’n aankondiging van die Here oor Moab se straf: Julle twee stede Ar en Kir sal in een nag verwoes word en daar sal ’n doodse stilte oor Moab hang. |