Isaiah 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hel van onder word vir jou in beweging gebring om jou te ontmoet by jou koms; dit het al die konings van die nasies uit hulle trone laat opstaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “In die doderyk is daar opwinding oor jou aankoms. Die dooies, ook wêreldleiers en magtige heersers staan op om jou te verwelkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan. |
| Afrikaans 1983 | Die doderyk daaronder kom in beroering omdat jy soontoe kom. Dié wat reeds daar is, word wakker gemaak, almal wat leiers op aarde was; almal wat konings van nasies was, moet van hulle trone af opstaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •doderyk daaronder is in beroering oor jou, om jou te ontmoet by jou aankoms. Dit maak die skimme wakker oor jou; al die voorbokke van die aarde, al die konings van die nasies staan op van hulle trone. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die doderyk onder die aarde bewe wanneer jy kom, die geeste van die leiers van die aarde word wakker. Die leiers wat gesterf het, die konings wat dood is, klim af van hulle trone. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die doderyk is in rep en roer soos hulle regmaak vir jou koms. Dié wat daar is, kan skaars hulle opgewondenheid bedwing. Die wêreldleiers wat alreeds daar in die donkerte van die dood is, spring van opgewondenheid op om jou te verwelkom. |