Isaiah 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, die sipresbome juig oor jou en die seders van die Líbanon en sê: Vandat jy neergelê het, het geen kapper teen ons opgekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs die bome van die bos, die sipresse en seders van Libanonberg, sing hierdie vreugdevolle lied: ‘Jou mag is gebreek! Niemand gaan weer kom en ons afkap nie!’
Afrikaans 1933/1953 Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die L¡banon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.
Afrikaans 1983 Selfs die sipresse en die seders op die Libanon is bly oor wat met jou gebeur het, Babel. Hulle sê: “Vandat jy verslaan is, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs die sipresse is verheug oor jou; die seders van die Libanon sê, ‘Vandat jy daar lê, klim geen houtkapper op na ons toe nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning van Babel, die sipresbome en die sederbome op die Libanon-berg is ook bly omdat jy dood is, want nou kom niemand om hulle af te kap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs die sipresbome en die seders van die Libanon sing van blydskap oor wat met jou gebeur het. “Vandat jy verslaan is, kom niemand ons meer afkap nie!” sing hulle.