Isaiah 14:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat sal 'n mens dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die HERE Sion gegrond het, en die armes van sy volk daarop sal vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat moet ons die boodskappers van die vyand antwoord? Sê vir hulle die Here het Jerusalem gebou, en Hy sal die armes onder sy volk daar beskerm.
Afrikaans 1933/1953 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die HERE Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.
Afrikaans 1983 Wat sal 'n mens die boodskappers van dié nasie antwoord? Die Here het vir Sion tot stand laat kom, sy geteisterde volk vind daar skuiling!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Watter antwoord moet die gesante van die nasie dan kry? ‘Die Here het Sion gegrondves, en in haar sal die magteloses van sy volk skuiling vind.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat sal ons sê vir die mense wat boodskappe bring van daardie volk? Ons sal sê: “Dit is die Here wat Jerusalem gebou het. Sy mense, wat hulleself nie kan help nie, is veilig daar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat sal ons vir die boodskappers van die Filistyne sê as hulle by ons aankom? Sê vir hulle: “Die Here self het Jerusalem gebou en sy mishandelde volk sal veilig wees daar.”