Isaiah 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Huil, o poort! roep, o stad! jy, hele Palestina, is vergaan, want daar sal rook uit die noorde kom, en niemand sal alleen wees op sy vasgestelde tye nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Huil, julle Filistynse stede, want julle is verdoem! Smelt inmekaar van vrees, want julle gaan vernietig word! ’n Magtige leër kom uit die noorde. Nie een soldaat deins terug vir die geveg nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie. |
| Afrikaans 1983 | Huil, poorte! Skreeu, stede! Smelt weg, Filistyneland! Daar kom rookwolke uit die noorde, die vyand se manskappe kom aan, almal in gelid! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Huil, poort! Roep om hulp, stad! Sidder, ganse Filistea! Want uit die noorde kom 'n rookwolk, en daar is in sy geledere niemand wat uitsak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense in die poorte van die stede moet huil en skree. Al die Filistyne moet bang wees en bewe, want uit die noorde kom die vyande soos 'n rookwolk, hulle soldate loop almal saam in rye.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Huil en roep om hulp, Filistynse stede. Krimp inmekaar van vrees, julle klomp Filistyne. Daar kom ’n magtige leër uit die noorde aan soos ’n rookwolk wat saam met ’n verterende vuur gaan. Hierdie leër is vasberade en dapper, nie een van hulle sal omdraai nie. |