Isaiah 14:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftige sal veilig lê; en Ek sal jou wortel doodmaak deur hongersnood, en hy sal jou oorblyfsel doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die armes op my weiveld laat wei. Die mense met nood sal veilig gaan lê. Maar julle, julle sal in ’n hongersnood uitgewis word. Die bietjie wat oorbly, sal Ek vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | Die armstes in Israel sal iets hê om te eet, sý behoeftiges sal veilig woon, maar julle Filistyne se nageslag laat Ek van honger sterf, wat van julle oor is, word deur die honger verteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In my weiding sal armes wei, en die behoeftiges sal veilig gaan lê; maar deur honger sal Ek jou wortel laat sterf, en wat van jou oorbly, sal die hongersnood ombring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete is arm, maar hulle kinders sal genoeg kry om te eet, hulle sal veilig wees. Maar, Filistyne, Ek sal julle kinders doodmaak, hulle sal nie kos hê om te eet nie en hulle sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek, die Here, sal die armes en die behoeftiges van my volk soos ’n herder versorg en beskerm. Hulle sal genoeg hê om te eet en ’n veilige plek om in te bly. Dieselfde geld ongelukkig nie vir julle nie. Ek sal julle nageslag van honger laat doodgaan sodat daar niemand oorbly nie. |