Isaiah 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees nie bly nie, hele Palestina, want die staf van hom wat jou geslaan het, is gebreek; want uit die wortel van die slang sal 'n haanboom voortkom, en sy vrugte sal 'n vurige vlieënde slang wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle Filistyne, moenie bly word omdat die koning wat julle aangeval het, dood is nie. Want al is die sweep stukkend, sal sy seun erger wees as wat sy pa ooit was. Uit daardie slang sal ’n giftige slang kom, ’n vlieënde draak wat julle sal verbrand.
Afrikaans 1933/1953 Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal 'n basilisk voortkom, en sy vrug sal 'n vlieënde draak wees.
Afrikaans 1983 Julle Filistyne moenie almal so bly wees dat die stok waarmee julle geslaan is, verbreek is nie, want in die plek van die een slang kom 'n giftiger een, en uit dié se eier kom daar 'n vlieënde draak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy, ganse Filistea, moet jou nie verheug dat die stok wat jou geslaan het, gebreek is nie! Want uit die wortel van 'n slang sal 'n kobra voortkom; en dié lewer weer 'n vlieënde vurige slang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Filistyne, julle moenie bly wees nie. Julle is bly, want die stok wat vir julle geslaan het, is nou stukkend, maar dit sal baie slegter gaan met julle. Dit sal wees soos wanneer jy een slang doodmaak en daar kom nog 'n slang, of soos wanneer jy die slang se eier stukkend trap en daar kom 'n draak uit wat vlieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle klomp Filistyne moet nie te gou bly word omdat die koning wat julle laat swaarkry het, dood is nie. Sy stok waarmee hy julle geslaan het, mag dalk stukkend wees, maar sy seun wat hom opvolg, is nog erger as hy. Uit die slang word ’n giftige adder gebore, nee, nog erger, ’n vlieënde draak.