Isaiah 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat Ek Assiriër in my land sal verbreek en hom op my berge sal vertrap; dan sal sy juk van hulle afwyk en sy las van hulle skouers af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die Assiriërs vertrap wanneer hulle in my land is. Ek sal hulle op my berge verpletter. My volk sal nie langer hulle slawe wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die Assiriërs verpletter in my land, hulle op my berge vertrap. Die juk wat op my volk gedruk het, sal weggevat word, die las wat Assirië hulle laat dra het, sal verwyder word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is om Assirië te breek in my land; op my berge sal Ek hom vertrap. Sy juk sal van my volk wyk, sy las sal van hulle skouers wyk.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die Assiriërs breek in my land, Ek sal hulle trap totdat hulle plat is op my berge. Ek sal die Assiriërs se juk wegvat van die Israeliete se skouers af, die Israeliete sal nie meer die juk dra nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die Assiriërs hier in my land verpletter en hulle op my berge vertrap. So sal Ek my volk bevry van die Assiriërs se oorheersing en die swaarkry wat hulle moes verduur. |