Isaiah 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die naam en die oorblyfsel en die seun en die broerskind uit Babel uitroei, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here, die Almagtige: “Ek self het teen hom opgestaan! Ek sal sy kinders en kleinkinders doodmaak, sodat hulle nooit op Babilon se troon sit nie.
Afrikaans 1933/1953 So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle aanval, sê die Here die Almagtige. Ek sal maak dat die gedagtenis aan die koning van Babel verdwyn, dat daar niks van hom oor is nie, nie een enkele afstammeling nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal teen hulle opstaan,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal van Babel uitroei naam en oorblyfsel, kind en nageslag,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal oorlog maak teen die stad Babel, daar sal niemand oorbly nie, daar sal nie 'n nageslag wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek self gaan Babel aanval, sê die Here, die Almagtige. Ek gaan die koning se nageslag en alles wat aan hom behoort het, uitroei. Daar sal net mooi niks oorbly van alles wat aan hom behoort het nie.