Isaiah 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Berei 'n slagting voor vir sy kinders ter wille van die ongeregtigheid van hulle vaders; dat hulle nie opstaan en die land nie in besit neem en die aangesig van die wêreld met stede vul nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak hierdie booswig se kinders dood sodat hulle nie opstaan en die land beset of die stede van die wêreld herbou nie!”
Afrikaans 1933/1953 Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
Afrikaans 1983 Maak reg die plek om sy seuns dood te maak oor die sondes van hulle voorgeslag, dat die seuns nie die aarde in besit kan neem en die wêreld vol stede bou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak vir sy kinders 'n slagplek gereed weens die sondeskuld van hulle voorouers. Hulle mag nie opstaan en die land in besit neem, sodat die oppervlakte van die aarde weer vol stede is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet 'n plek gereedmaak waar julle sy seuns kan doodmaak oor alles wat hulle pa gedoen het. Die aarde sal nie aan hulle behoort nie, en hulle sal nie stede kan bou oral in die wêreld nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Begin die slagting! Die seuns van hierdie koning mag nie toegelaat word om sy werk voort te sit nie. Op grond van wat hy gedoen het, mag hulle nie die kans kry om te regeer of weer stede te bou nie.