Isaiah 14:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag nie met hulle saamgevoeg word in die begrafnis nie, want jy het jou land verwoes en jou volk gedood; die nageslag van kwaaddoeners sal nooit bekend gemaak word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 sal jy nie ’n behoorlike begrafnis kry nie. Want jy het jou eie volk verwoes en jou eie mense geslag. Mag jou seun jou nie as koning opvolg nie!
Afrikaans 1933/1953 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
Afrikaans 1983 maar jy word nie begrawe nie, want jy het jou eie land verwoes en jou eie mense laat doodmaak. Die naam van 'n skurk word nie in gedagtenis gehou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal nie met hulle verenig word in 'n graf nie; want jou land het jy verwoes, jou mense het jy doodgemaak. Die geslag kwaaddoeners sal nooit weer vermeld word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar jy is nie saam met hulle nie. Niemand het jou begrawe nie, want jy het jou land verwoes en jou mense doodgemaak. Niemand sal so 'n slegte man se naam onthou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal nie soos ’n koning begrawe word nie, want jy het jou volk vernietig en jou eie mense laat doodmaak. So ’n skurk sal nooit onthou word nie.