Isaiah 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk sal hulle neem en na hulle plek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as diensknegte en slavinne in besit neem; en hulle sal oor hulle verdrukkers heers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volke van die wêreld sal die Here se volk help om terug te kom, en die mense wat in hulle land kom woon, sal hulle dien. Dié wat Israel gevang het, sal gevang word en Israel sal oor sy vyande regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal die gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers. |
| Afrikaans 1983 | Ander volke sal hom vat en in sy land bring. Hulle sal Israel se eiendom word, slawe en slavinne in die land van die Here. Israel sal dié gevange hou deur wie hy gevange weggevoer is, en hy sal heers oor dié wat hom onderdruk het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Volke sal Israel neem en hulle terugbring na hulle plek. Dan sal die huis van Israel hulle as eiendom neem, as slawe en slavinne op die grondgebied van die Here. Israel sal dié wegvoer wat hulle as gevangenes weggevoer het, en heers oor dié wat hulle verdruk het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ander volke sal die Israeliete terugbring na hulle land, en dan sal die mense van die ander volke slawe en slavinne word van die Israeliete in die land van die Here. Die ander volke het die Israeliete weggevat uit hulle land, maar nou sal die Israeliete die mense van daardie volke wegvat uit hulle lande. Die Israeliete sal nou regeer oor die mense wat slegte dinge gedoen het aan die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die nasies van die wêreld sal die Here se volk help om na hulle eie land toe terug te keer. Dié wat saam met hulle daarheen teruggaan om daar te gaan woon, sal vir hulle werk. Dié wat Israel gevange geneem het, sal nou deur Israel gevange geneem word en hulle sal regeer oor die mense wat hulle verdruk het. |