Isaiah 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy is uit jou graf gewerp soos 'n afskuwelike loot, en soos die klere van die wat verslaan is, deurgedruk met 'n swaard, wat afdaal na die klippe van die kuil; soos 'n karkas onder voete getrap.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar jou lyk word in die graf gegooi soos ’n boomtak wat klaar verrot is. Jy lê in ’n massagraf saam met die lyke van dié wat in die oorlog dood is. Soos ’n lyk wat vertrap word,
Afrikaans 1933/1953 maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
Afrikaans 1983 Maar jý word nie begrawe nie, jy word weggegooi soos 'n boomtak wat klaar vrot is. Jy lê toe onder die lyke van dié wat doodgesteek is. Jy is soos dooie aas wat vertrap word. Ander word begrawe in grafte in die rots,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar jy, jy is weggesmyt, weg van jou graf, soos 'n verfoeilike takkie, oordek met gesneuweldes, met hulle wat deurboor is deur die swaard, dié wat afdaal na die klippe van die put – as 'n vertrapte lyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar die mense het jou nie begrawe nie. Hulle het jou weggegooi soos 'n vrot stuk hout. Jy lê tussen die dooie mense wat gesterf het in oorlog. Jy is soos 'n lyk waarop die mense trap. Ander dooie mense lê in grafte wat in rotse is,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar kyk na jou, jy het nie ’n behoorlike graf nie. Hier lê jy weggegooi soos ’n vrot tak wat niks beteken nie. Jy is sommer saam met die gewone mense wat in die oorlog dood is in ’n groot, gesamentlike graf gegooi. Hulle loop sonder eerbied oor jou lyk terwyl hulle die gat met klippe toegooi.