Isaiah 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wat jou sien, sal jou noukeurig aanskou en jou aanskou en sê: Is dit die man wat die aarde laat bewe het, wat koninkryke laat bewe het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal daar sal jou aangaap en vra: ‘Kan dit die man wees wat die aarde met sy koninkryke geskud het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? |
| Afrikaans 1983 | Dié wat jou daar sien, sal jou aangaap, hulle sal jou bekyk en vra: “Is dit die man wat die aarde laat bewe het, wat koninkryke laat wankel het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kyk na jou, hulle staar na jou, hulle beskou jou aandagtig: “Is dit die man wat die aarde laat beef het, koninkryke laat sidder het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat jou daar sien, sal nader kom en hulle sal kyk na jou. Hulle sal sê: ‘Is dit die man vir wie die mense in al die lande bang was? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat jou daar sien, sal jou oopmond aangaap en wonder: “Is dit die man wat die hele wêreld geskud het en hulle konings aan die bewe gehad het? |