Isaiah 14:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe het jy uit die hemel geval, o Lucifer, seun van die môre! hoe is jy op die grond afgekap, wat die nasies verswak het!
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe het jy uit die hemel geval, blink ster, seun van die môre! Jy is op die aarde neergegooi, jy wat die nasies van die wêreld verpletter het.
Afrikaans 1933/1953 Hoe het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
Afrikaans 1983 Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe het jy geval uit die hemelruim, môrester, seun van die daeraad! Hoe is jy tot op die grond neergekap, jy wat nasies verslaan het!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy was soos die môrester, maar jy het uit die lug geval, jy het ander volke oorwin, maar jy het op die grond geval.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning van Babel, jy wat gedink het jy is soos die môrester wat hoër sit as al die ander sterre, kyk nou net hoe het jy uit die hemel geval! Kyk hoe hulpeloos lê jy hier op die grond, en dit nogal jy, die een wat soveel ander nasies op hulle knieë gedwing en platgeloop het.