Isaiah 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou prag is in die doderyk neergedaal, en die geraas van jou viooltjies: die wurm is onder jou uitgesprei, en die wurms bedek jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou mag en krag het verdwyn. Dis saam met jou begrawe. Die vrolike musiek in jou paleis het opgehou. Die bed onder jou is maaiers, jy maak jou toe met wurms.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as 'n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. |
| Afrikaans 1983 | Jy het met jou hoogmoed, met die klank van jou harpmusiek en al in die doderyk beland. Jy lê tussen die maaiers, jy is oortrek van die wurms. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou hoogmoed is afgebring na die doderyk, ook die geluid van jou harpe. Onder jou vorm maaiers 'n bed, wurms bedek jou.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het altyd mooi dinge gekry en jy het geluister na musiek van 'n harp, maar nou is jy dood, en die wurms vreet jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy was gewoond aan pragtige musiek en eerbetoon waar jy vandaan kom. Welkom in die doderyk, hier is jou bed van goggas gemaak en daar is vir jou ’n kombers van wurms!” |