Isaiah 14:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal almal spreek en vir jou sê: Het jy ook swak geword soos ons? het jy soos ons geword? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle roep almal met een stem uit: ‘Nou is jy net so swak soos ons. Jy het net soos ons geword! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. |
| Afrikaans 1983 | Almal begin praat, hulle sê vir jou: “Jy is nou net so swak soos ons, jy het soos ons geword!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle almal reageer en sê vir jou, ‘Ook jy is so swak gemaak soos ons, net soos ons het jy geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle praat almal, hulle sê: ‘Jy het nou ook swak geword soos ons, jy is nou soos ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In ’n koor klink dit: “En toe, nou is jy net so ’n swakkeling soos enigeen van ons! Ja-nee, jy is een van ons! |