Isaiah 14:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog uitkies en hulle in hul land laat woon; en die vreemdelinge sal by hulle aansluit, en hulle sal die huis van Jakob aankleef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal genade bewys aan die kinders van Jakob. Israel sal steeds sy volk wees. Hy sal hulle terugbring en weer laat bly in hulle eie land. Vreemde mense van baie verskillende nasies sal kom en deel word van die volk Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal Hom ontferm oor Jakob, Hy sal Israel weer sy volk maak en hulle weer in hulle eie land laat woon. Vreemdelinge sal by hulle aansluit en hulle vereenselwig met Jakob. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Here sal Hom oor Jakob ontferm; Hy sal Israel weer kies, en hulle op hulle grond tot rus bring. Vreemdelinge sal by hulle aansluit, hulle by die huis van Jakob voeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here sal weer goed wees vir die Israeliete. Hy sal hulle weer kies om sy volk te wees en Hy sal hulle in hulle eie land laat woon. Mense uit ander volke sal by die Israeliete kom woon. Hulle sal saam met die nageslag van Jakob lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here sal vir Israel jammer kry. Daarom sal Hy hulle weer sy volk maak en hulle terugbring na hulle eie land toe sodat hulle daar kan bly. Mense van ander volke sal by hulle kom aansluit en op dié manier deel word van Jakob se nageslag. |