Isaiah 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die dag van die HERE kom, wreed, met grimmigheid en gloeiende toorn, om die land 'n wildernis te maak; en Hy sal sy sondaars daaruit verdelg.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, die Dag van die Here kom, die verskriklike dag van sy gramskap en sy gloeiende toorn. Die land sal verwoes word en ook alle sondaars.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Afrikaans 1983 Die dag van die Here het nou gekom, dit is 'n wrede dag, 'n dag van gramskap en gloeiende toorn, 'n dag waarop die land verwoes en sy sondaars uitgeroei word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die dag van die Here is aan die kom – wreed, vol gramskap en brandende toorn – om die aarde 'n skrikbeeld te maak, en die sondaars van die aarde daarvan af uit te delg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk, die dag van die Here sal kom. Die Here sal nie jammer wees vir die mense van Babel nie. Hy is kwaad en Hy sal die land Babel verwoes, Hy sal die mense van Babel doodmaak, hulle is sondaars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dag van die Here is ’n werklikheid. Op dié dag sal sy woede en straf losbars en sal Hy daardie land en al sy sondige inwoners vernietig.