Isaiah 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal bevrees wees; weë en smarte sal hulle aangryp; hulle sal pyn hê soos 'n vrou wat baar; hulle is verbaas oor mekaar; hulle gesigte sal wees soos vlamme.
Afrikaans (NLV) 2011 van vrees. Vrees gryp hulle met verskriklike pyne, soos van ’n vrou wat geboorte skenk. Hulle kyk hulpeloos vir mekaar terwyl die vlamme van die brandende stad op hulle gesigte weerkaats word.
Afrikaans 1933/1953 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
Afrikaans 1983 Hulle sal skrikbevange raak, krampe en pyne sal hulle oorval; soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring, sal hulle inmekaarkrimp. Hulle sal mekaar beangs aankyk, wit van die skrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle raak angsbevange; krampe en geboortepyne pak hulle beet – soos 'n vrou wat geboorte gee, krimp hulle ineen. Hulle staar mekaar aan – soos vlamme is hulle gesigte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal pyne kry en skrik, hulle sal krom buig soos 'n vrou wat 'n baba kry. Hulle sal kyk na mekaar, en hulle gesigte sal brand van die pyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Angs sal hulle oorval soos ’n vrou wat skielik deur kraampyne oorval word, en hulle sal mekaar verskrik aankyk, bleek van die vrees.