Isaiah 13:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel, ja, die HERE en die wapens van sy grimmigheid, om die hele land te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kom van veraf lande. Hulle is die Here se wapens. Hulle sal die hele land vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Afrikaans 1983 Hulle kom uit 'n ver land, van die uithoeke van die aarde af; die Here en die werktuie van sy oordeel kom om die hele land te verwoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is aan die kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af – die Here en die werktuie van sy vervloeking, om die hele aarde ten gronde te laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is kwaad, daarom bring Hy soldate uit 'n ver land om sy werk te doen. Hulle sal die hele land Babel verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kom van ver af, van die verste uithoeke van die wêreld af. Deur hulle gaan die Here hierdie land verwoes.