Isaiah 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die geraas van 'n menigte op die berge, soos van 'n groot volk; 'n rumoer van die koninkryke van nasies wat bymekaargekom het: die HERE van die leërskare versamel die leër van die geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoor die geraas op die berge! Luister hoe die weermagte opruk! Dit is die geraas en geroep van baie nasies. Die Here, die Almagtige, het hulle hiernatoe gebring om ’n leër te vorm.
Afrikaans 1933/1953 Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
Afrikaans 1983 Hoor die gedreun op die berge, soos dié van 'n groot leërmag. Hoor die rumoer van die koninkryke, van nasies wat saamgespan het! Die Here die Almagtige maak 'n leër gereed vir die oorlog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister! Die gedruis op die berge soos van baie manskappe! Luister! Die gedreun van koninkryke, van nasies wat byeen is! Die Here, Heerser oor alle magte, monster 'n leër vir oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister, die soldate raas op die berge, daar is baie soldate. Hulle kom uit baie lande, en hulle is bymekaar, 'n mens kan hoor hulle kom. Die Here wat oor alles regeer, het soldate geroep om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister na die gedreun op die berge, dit is ’n geweldige groot leër wat aankom. Hierdie leër bestaan uit baie nasies en koninkryke wat hulle magte saamspan. Hulle is op pad omdat die Here die Almagtige besig is om ’n leër bymekaar te maak vir oorlog.