Isaiah 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my geheiligdes beveel, Ek het ook my magtiges geroep ter wille van my toorn, die wat bly is in my hoogheid.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek, die Here, het hierdie taak vir my heilige leër opgelê. Hulle sal bly wees wanneer Ek verhoog word. Ek het hulle geroep om my woede af te koel.”
Afrikaans 1933/1953 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
Afrikaans 1983 Ek, die Here, het soldate in diens geneem, Ek het hulle ontbied om my oordeel te voltrek, hulle wat hulle verheug oor my mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek self het my gewydes opdrag gegee; Ek het selfs my helde ontbied, met die oog op my toorn – hulle wat triomfantelik is oor my verhewenheid.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, die Here, het self die soldate gekies om vir My te werk, Ek het hulle geroep om oorlog te maak, want Ek is kwaad vir Babel. Hierdie soldate weet Ek is sterk, en hulle is bly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek, die Here, is in beheer van hierdie soldate. Ek het hierdie dapper vegters laat kom om my oordeel te voltrek. Hulle het net een doel voor oë en dit is om vir my eer te veg.