Isaiah 13:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wilde diere van die eilande sal skreeu in hul verlate huise en jakkalse in hul lieflike paleise; en sy tyd is naby om te kom, en sy dae sal nie verleng word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hiënas sal in die vestings roep, en jakkalse sal in die paleise hulle lêplek maak. Babilon se dae is getel. Sy tyd van verwoesting is naby.
Afrikaans 1933/1953 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
Afrikaans 1983 hiënas sal in die paleise huil, jakkalse in die huise waar feesgevier is. Die stad se ondergang is hier, sy dae is getel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiënas sal in die vestings lag, en jakkalse in die weelderige paleise. Babel se tyd is voor die deur; haar lewensdae sal nie verleng word nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiënas en jakkalse sal huil in die mooi huise waar die mense van Babel feesgevier het. Die tyd is naby wanneer die Here Babel sal straf. Die stad se dae is verby, die vyande sal dit verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hiënas se gelag sal in die afgebreekte torings van die paleise weerklink en die jakkalse se gehuil in die murasies van die huise. Babilon se dae is getel, sy ondergang is nie meer ver nie.