Isaiah 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wilde diere van die woestyn sal daar lê; en hulle huise sal vol wesens wees; en uile sal daar woon, en saters sal daar dans.
Afrikaans (NLV) 2011 Net woestyndiere sal in die puinhope rondloop. Die huise sal vol uile wees. Volstruise sal tussen die ruïnes bly. En wilde bokke sal daar ronddans.
Afrikaans 1933/1953 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.
Afrikaans 1983 Net woestyndiere sal daar gaan lê; die huise sal vol uile wees; volstruise sal daar bly en veldgode sal daar ronddans;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Woestyndiere sal daar gaan rus. Die huise sal vol uile wees; steenuile sal daar tuis wees, en •veldgode sal daar ronddans.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Woestyn-diere sal in Babel lê, uile sal oral in die huise sit, volstruise sal daar rondloop, en veldgode sal daar dans.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal ’n plek word waar die wilde woestyndiere gaan aas en die uile hulle nes in die murasies maak. Volstruise sal tussen die murasies rondloop en die wilde bokke sal oor die hope klippe spring op soek na iets om te eet.