Isaiah 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal nooit bewoon word nie, en van geslag tot geslag sal dit nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie; en die herders sal daar geen kudde maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stad sal nooit weer herrys nie. Geslagte sal kom en gaan, maar die land sal nooit weer bewoon word nie. Arabiere sal nooit weer daar tent opslaan nie, en skaapwagters sal hulle kudde nie daar laat oornag nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie. |
| Afrikaans 1983 | Die stad sal nooit meer bewoon word nie, niemand sal ooit weer daarin bly nie. Geen Arabier sal sy tent daar opslaan nie, geen wagter sal sy kudde daar laat rus nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal nooit weer bewoon word nie, en geslag ná geslag nie 'n tuiste bied nie. Arabiere sal nie daar tent opslaan nie, en herders sal nie 'n kudde daar laat rus nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal nooit weer mense in Babel woon nie. Nie een Arabier sal sy tent daar opslaan nie, en skaapwagters sal nie hulle skape daar laat rus nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geslagte sal kom en gaan, maar niemand sal ooit weer daar bly nie. Nie eens die mense wat rondtrek op soek na beter weiding sal hulle tente daar wil opslaan sodat hulle diere daar kan wei nie. |