Isaiah 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hef 'n banier op die hoë berg, verhef die stem tot hulle, skud die hand, dat hulle in die poorte van die edeles kan ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk hoe die vlae waai terwyl die vyand aanval. Moedig hulle aan, Israel! Waai vir hulle terwyl hulle optrek teen Babilon om die paleise te verwoes van die hoës en magtiges.
Afrikaans 1933/1953 Hef op 'n banier op 'n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.
Afrikaans 1983 Hou 'n vaandel op bo-op 'n kaal heuwel, ontbied die leërmag, wink hulle nader met die hand: hulle moet die poorte van die trotse stad binnedring!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hou op 'n kaal heuwel 'n banier omhoog; roep hulle hardop toe, wink met die hand, sodat hulle die poorte van vooraanstaandes binnegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet 'n vlag in die lug hou, julle moet dit doen op 'n berg waar daar nie bome is nie. Julle moet hard skree en die vyande roep, julle moet met die hand vir hulle wys om te kom deur die mooi poorte van die stad Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hys die vlag wat die teken is dat die aanval moet begin op ’n oop heuwel. Roep die soldate bymekaar en moedig hulle aan om die hoogmoedige stad Babel aan te val.