Isaiah 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle boë sal die jongmanne verpletter; en hulle sal hulle nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal kinders nie spaar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die soldate sal die jong manne met pyle platskiet. Hulle sal geen genade hê vir hulpelose babas, en geen simpatie toon met kinders nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle pyle sal die jongmanne deurboor; met babatjies sal hulle geen meegevoel hê nie, hulle sal kinders nie verskoon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boogskutters sal jongmanne verpletter. Met die vrug van die moederskoot toon hulle geen meegevoel nie; oor kinders stort hulle nie 'n traan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal met hulle pyl en boë die jong soldate van Babel doodskiet, en hulle sal nie jammer wees vir babas en kinders nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle soldate sal die jongmense met hulle pyle afmaai. Daar sal nie genade wees vir die babatjies of die klein kindertjies nie, hulle sal hulle voor die voet doodmaak. |