Isaiah 13:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kinders sal voor hulle oë verpletter word; hulle huise sal geplunder en hulle vroue onteer word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle babas sal voor hulle oë doodgeslaan word. Hulle huise sal geplunder, hulle vroue verkrag word.
Afrikaans 1933/1953 En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer.
Afrikaans 1983 Hulle babatjies sal voor hulle oë papgeslaan word, hulle huise sal geplunder en hulle vrouens verkrag word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle kinders sal voor hulle oë te pletter geslaan word; hulle huise sal geplunder word, en hulle vroue sal verkrag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Babel sal sien hoe die vyande hulle babas doodslaan, hulle goed uit hulle huise vat en hulle vroue verkrag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal hulpeloos moet staan en toekyk hoe hulle babatjies voor hulle oë doodgemaak word, hulle huise geplunder word en hulle vroue verkrag word.